01-Nov-2012 12:44:30 PM [(GMT+02:00) Cairo]
dis die naam van my huisie die afgelope paar dae.
ook beter bekend as die - fleamarket
warren, een van die amerikaners in my tent, is al van maandag besig om sy sak ligter te maak.
eers was dit ekstra klere, en toe begin die kos....die aasvoels het reg gestaan. ek en timo.
want vir een of ander rede laat hierdie Sahara my eet, die heeltyd.
so ek claim leftovers, cliff bars, beef jerky - man, name dit.
as mens honger is eet jy enigiets.
'being chicked' - mans gebruik hierdie term as hulle deur 'n chick gewen word.
wel, ek het 'n nuwe een vir die draf woorde boek 'being chinked'
nou dit gebeur as jy deur 'n tjonkie gewen word.
en DIT is nie cool nie, sommer plain belaglik man.
so vanoggend, tussen die begin en CP1, wie sluip hier verby my....'n tjonkie.
ek dink by myself, suster, waar kom jy nou vandaan?
ek het jou nog nooit van te vore gesien nie.
nee wat, laat jy maar gaan ek sal jou later in hardloop.
anyway, dit was 'n goeie dag gewees. kon die meeste van die tyd hardloop of eerder shuffle.
niks gebeur vinnig hier in die sahara nie.
die musiek het gepomp, en buurman, jou tunes het my ,n groot deel van die dag geselskap gehou
my voete hou nog, wat ook al more gebeur, so be it.
ek gaan hierdie race klaarmaak!
so dink asb heeldag aan my, dit gaan 'n laaaaannnnnggggg dag wees.
CP vir CP, vlag vir vlag!
drink tog asb 'n vida namens my. double cappa, full fat, with xtra choc sprinkles
aaaight, groete uit die v laktes van die sahara
xxk